Russe ontken oorlog met Oekraine

Moskou het ontken dat hy van voorneme is om die Oekraine tot oorlog te dwing en sê hy was nie betrokke in die aanhoudende botsings tussen pro-Russiese rebelle en soldate van die Oekraine nie.

Die Kremlin het alle moontlike berigte ontken dat ʼn oorlog met die Oekraine onvermydelik is, en sê hy poog om die konflik te beëindig tussen die twee partye wat die skietstilstand ooreenkoms verbreek het.

Die Russiese woordvoerder het gesê die toenemende konflik aan die oostelike kant by die Donbass gebied is kommerwekkend het hy het dit ten doel om die situasie te ontlont.

Dmitry Peskov, die woordvoerder van die Kremlin sê niemand is van plan om na ʼn oorlog opsie te beweeg nie, en niemand is van plan om die moontlikheid te oorweeg nie.

Hy het later bygevoeg dat niemand verwag dat burgeroorlog gaan uitbreek nie, en Moskou poog eerder om die bestaande konflik te beëindig..