Rusland verhoog spanning met skepe

Die Russiese Vloot is besig om die spanning opnuut te verhoog deur sy oorlogskepe in die Swartsee te ontplooi vir militêre oefeninge terwyl ʼn Amerikaanse Kuswag skip die gebied ingevaar het.

Die Russiese Vloot oefening vind plaas kort nadat hy sy weermag troepe naby die grens met die Oekraine onttrek het en daardeur die spanning met Westerse lande verlig het.

Die Amerikaanse Kuswag skip is na die Swartsee gestuur om te verseker dat Rusland nie met sy Vloot enige ontoelaatbare aksies uitvoer om verdere konflik en spanning aan te blaas nie.

Intussen is verneem dat Rusland nog nie al sy troepe uit die Krim skiereiland onttrek het nie, en dit veroorsaak verdere spanning in Navo wat die situasie glo deeglik monitor.

Die Russiese oorlogskip, Moskva kruiser, is glo opgestel om met lewendige ammunisie sy oefeninge uit te voer, en kenners reken dit is nog ʼn metode om die spanning te verhoog, met die bekommernis dat as iets verkeerd gaan, die situasie uiters plofbaar sal raak.