Rusland verantwoordelik vir Navalny gesondheid

Die opposisieleier, Alexei Navalny, se gesondheid het nou ʼn kritieke stadium bereik, en Westerse moondhede plaas die skuld direk op die Kremlin wat die kritikus van President Poetin in ʼn strafkamp aanhou.

Die Europese Unie het ʼn ontmoeting aangevra om die toestand van Navalny te bespreek en te eis dat hy onverwyld goeie mediese sorg kry.

Die EU ministers het gevra vir ʼn virtuele ontmoeting, wat as dringend beskou word aangesien sy swak gesondheid nie langer sonder mediese aandag kan voortgaan nie.

Geneeshere het gewaarsku dat Navalny, wat tans op ʼn honger staking is omdat hy onregmatig aangehou word, weens die swak gesondheid, enige oomblik kan beswyk.

Die EU se hoof oor buitelandse sake, sê indien iets verkeerd sou gaan met Navalny, word die Russiese regering van president Poetin daarvoor verantwoordelik gehou.

Intussen is verneem dat Navalny oorgeplaas is na ʼn hospitaal waar hy waarskynlik behandeling sal ontvang vir sy algehele gesondheid toestand wat uiters kritiek is.