Rusland skors EU diplomate

Rusland het diplomate van die Europese Unie se lidlande geskors wat vanuit Slowakye, Latvia en Litoue asook uit Estland afkomstig is.

Die Minister van Buitelandse Sake in Rusland sê sewe diplomate uit die lande is beveel om die land te verlaat binne 7 dae.

Die optrede van Rusland volg nadat die vier lande verlede week die Russiese diplomate teruggestuur het, kort nadat die Tsjeggiese Republiek ook Russiese diplomate teruggestuur het.

Moskou is daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir die bomontploffing in die Tsjeggiese hoofstad, terwyl die bom bedoel was om in die Oekraine te ontplof, maar toe onverwags in die Tsjeggiese Republiek afgegaan het.

Die Balkan state sê hulle stuur die Russe terug uit solidariteit met die Tsjeggiese Republiek, maar kenners reken die oor-en-weer skorsing vertroebel net die verhouding wat reeds broos geword het.

Ingeligte bronne sê die optrede van Roemenië is waarskynlik die een land wat Russiese diplomate teruggestuur het wat Moskou die ergste benadeel, en daar bestaan geen rede vir die optrede behalwe dat dit in solidariteit met die Tsjegge s nie.