Rusland onttrek troepe van Oekraine grens

Die onttrekking van Russiese troepe en die voertuie kan beskou word as die eerste stap om die spanning tussen Rusland en Westerse lande te verlig, en die Oekraine is verlig dat die spanning afneem.

Die Minister van Verdediging in Rusland het die naweek bevel dat die magte teruggetrek word na weke van erge spanning op die grens met die buurland.

Verlede week het die president van die Oekraine ʼn uitnodiging gerig tot president Poetin om te ontmoet oor die spanning wat verlig moet word, maar die Russiese staatshoof het nie op die uitnodiging gereageer nie.

Ingeligte bronne beweer dat President Poetin nie ʼn sterk verweer gehad het nie, en eerder besluit het om te swyg en opdrag gegee om die troepemag terug te trek.

Militêre deskundiges sê die staatshoof van die Oekraine het met sy diplomatieke vernuf, die Russe in die verleentheid gestel, wat veroorsaak het dat die onttrekking kort daarna beveel is.