Roemenië skop Russiese diplomate uit

Roemenië is die jongste land wat besluit het om Rusland se diplomate uit sy land te verjaag uit solidariteit met die Tsjeggiese Republiek wat ʼn dispuut met Moskou het.

 Die owerheid in Roemenië het verklaar dat die Russiese ambassade se adjunk militere verteenwoordiger, Alexei Grichayev, nie meer welkom is in die land nie, het die Minister van Buitelandse Sake aangekondig.

 Die Minister van Buitelandse Sake, Bogdan Aurescu, het die Russiese ambassade in Boekarest dienooreenkomstig ingelig en sy besluit verdedig deur te kenne te gee dat die Russiese verteenwoordiger se aktiwiteite is nie in lyn met die Weense Konvensie se ooreenkoms van 1969 nie.

Die terug trekking van diplomatieke personeel verskraal Rusland se kontak en verhouding met Westerse lande, en ingeligte bronne beweer dat dit nie noodwendig goed is nie, aangesien dit die moontlikheid van konflik verhoog.