Rekenaar onderdele: VSA gaan produksie verhoog

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het senior uitvoerende beamptes die week versoek om die Amerikaanse tekort aan rekenaar skyfies (chips) met ʼn drastiese verhoging in produksie uit te wis.

Die wêreld tekort aan sekere rekenaar onderdele het nou krisis afmetings aangeneem, en vervaardigers is versoek om dringende aandag aan die saak te skenk wat tans ʼn negatiewe uitwerking het op ekonomiese herstel.

Volgens media verklarings blyk dit dat die tekort ook negatief inwerk op die president se ekonomiese vooruitskouings en vra hy dat die opbou van infrastruktuur op tegnologiese gebied nie nou agterwee gelaat moet word nie.

Ingeligte bronne sê die verhoging in rekenaar onderdele is uiters noodsaaklik aangesien die Sjinese tans die grootste deel van die besigheid kry omdat hulle die verhoogde produksie al vir etlike weke begin het.

Rekenaar verwante dele beloop sowat $50 miljard per jaar, en die VSA moet sy rou materiaal in groter hoeveelhede invoer, het deskundiges in die bedryf gesê.