Regsgeleerdes se beweerde bodemlose put

Die Padongelukke Fonds sê dat een van die belangrikste redes vir die huidige finansiele krisis kan aan die voet van sekere regslui gelê word wat miljoene Rand “verdien” met die ongelukke op paaie in Suid-Afrika.

Die Fonds is glo besig om ʼn nuwe strategie te probeer volg deur eerstens te fokus op sy eie uitgawes en het blykbaar gevind dat die Padongelukke Fonds baie meer betaal vir dienste as wat in die markte die geval is.

Bewerings is gemaak dat tot 5 keer meer betaal word vir die dienste, het die Fonds die afgelope week gesê in ʼn verklaring.

Die verklaring dui aan dat sekere dienste nie eers nodig is nie, maar is bloot n verkwisting en ook ondoeltreffend vir die funksionering van die Fonds.

Daar is gevind dat terwyl R43 miljard per jaar ingevorder word, slegs R26 miljard beskikbaar is vir eise terwyl R17 miljard vir administrasie koste en R10 miljard word aan regskoste toegedeel, sê die Fonds.

Die Fonds sê dit beteken dat elke R1 wat ingevorder is, word R0-40 spandeer om R0-60 beskikbaar te hê en in die meeste gevalle word 25% daarvan aan regslui uitbetaal.