Regering wil nou N4 verbeter

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die N4 Tolpad gaan met R1,5 miljard opgradeer word, maar dit sal oor ʼn tydperk van jare gedoen word.

Die N4 Tolpad is die hoof verbinding tussen Pretoria en Mosambiek se hoofstad Maputo, en is vir die regering van belang om opgradeer te word terwyl geen melding gemaak is van verbetering van die duisende kilometers teerpaaie in die land wat in haglike toestand is nie.

Trans African Concessions (TRAC) sal grotendeels verantwoordelik wees vir die opgradering, end it sal glo bevorderlik wees vir handel met die buurstaat.

Die minister beskou die pad as ʼn noodsaaklike verbindingsroete om by die Maputo hawe te kom, maar kenners reken Suid-Afrika het voldoende hawe geriewe en benodig nie die buitelandse hawe nie.

Volgens die minister is die belangrikste opgradering nodig tussen Belfast en Machadodorp, en R400 miljoen is begroot om die deel se opgradering gedoen te kry.