Regering wil aanlyn ID skep

Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie het ʼn voorlopige nasionale data en wolk beleid gepubliseer vir openbare kommentaar, wat behels die daarstelling van ʼn verskuiwing na aanlyn stelsels.

Ingesluit by die beleidstuk is die voorstel om ʼn aanlyn ID ontwikkeling vir Suid-Afrika te vestig sowel as ʼn publieke-privaat data aandeelhouding wat die verbetering van dienste en aflewering sal verseker.

Die staat se bedoeling is om daarmee die identiteit van alle inwoners van die land aanlyn te kry, en sal die privaat sektor betrek word in die projek se ontwikkeling.

 Verskillende modelle sal getoets word en die digitale domeine sal burgerlikes en kliënte toegang laat kry tot verskillende dienste, en sal toeganklik wees vir almal gedurende enige dag of tydstip van die dag.

Die Departement sê die nie-sensitiewe regerings data sal ook beskikbaar gemaak word vir toeganklikheid deur enige persoon, en die verwagting is dat die diens talle sosiale probleme sal ondervang.