Regering se sinlose besluite

Sedert die begin van die Covid pandemie het die regering ‘n werksgroepe aangestel van kenners (Ministeriële Advies Kommissie)  wat die regering moes bystaan met veral aanbevelings rondom grendel sluiting maatreëls. 

Dit het nou aan die lig gekom dat baie van die aanbevelings van die groep kenners die afgelope ses maande  net in die wind geslaan is. Dit het veral gegaan rondom die sluiting/heropening van skole , die verbod op alkohol verkope en advies rondom die Paastyd regulasies.

Die vraag ontstaan onder waarnemers waarom president Ramaphosa elke keer in sy “familie” onderhoude gemeld het dat hul die raad van “kenners” volg,  maar dan lynreg teen, en strydig met die MAK groep se aanbevelings, ander maatreëls aangekondig het.