Regering se nuwe energie plan

  Die ANC regering se Minister van Energie Sake, Gwede Mantashe, het ʼn nuwe benadering gepubliseer vir openbare kommentaar oor energie in ʼn poging om die land se energie krisis te verlig.

Minister Mantashe wil glo daarmee seker maak dat die verderflike beurtkrag verminder of selfs uitfaseer word deur privaat individue meer ruimte te gee om self elektrisiteit op te wek, sonder om dit by Eskom in te skakel.

Die individue sal toegelaat word om van 1 MW tot 10MW op te wek vir sakeondernemings

Groepe wat dit oorweeg om sulke kragopwekking eenhede op te rig, moet egter registreer by die Nasionale Energie Reguleerder van Suid-Afrika.

Deskundiges op die gebied van energie opwekking sê die minister is nie in voeling met gebeure nie, want Kleiner ondernemings is besig om hulle te speen van Eskom deur sonpanele en battery stelsels te installeer, terwyl honderde huiseienaars met soortgelyke installasies besig is om eie kragopwekking te doen.