Regering betaal vir 20 miljoen dosisse entstof

Die ANC regering het ʼn bestelling van 20 miljoen dosisse koronavirus entstof by die farmaseuties maatskappy Pfizer geplaas, sê die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize.

Die nuwe ooreenkoms met die entstof vervaardiger kom kort nadat 200,000 dosisse aangekoop is van Johnson & Johnson se entstof wat waarskynlik op 10 April afgelewer sal word.

Slegs ʼn beperkte aantal werkers van gesondheidsdienste sal met Pfizer entstof geïmmuniseer word aangesien die J7J entstof daarvoor gebruik word met die voordeel dat dit slegs een dosis is wat elke pasiënt nodig het.

Die Minister van gesondheid sê die 20 miljoen dosisse is reeds betaal, en sal in verskeie afsonderlike aflewerings voorsien word.