Rebelle dood talle Indiese veiligheidsmag lede

Militante groep wat geïnspireer is deur die Sjinese revolusionêre leier, ene Mao Zesedong, is waarskynlik die Indiese veiligheidsmagte se grootse bedreiging.

 Die veiligheidsmagte en Maoist rebelle het in ʼn vier-uur-lange skietgeveg betrokke geraak waarin minstens 22 lede van die veiligheidsmag omgekom het.

Die geveg wat in die sentrale Chhattisgarh deelstaat was, is die ergste van die aard wat in die afgelope dekade ondervind is.

Die terreur groep wat hulleself die Naxalites noem en sedert 2017 bestaan, word algemeen beskou as die gevaarlikste vyand van die Indiese regering en die veiligheidsmagte.

Die veiligheidsmagte was besig met ʼn teen-intervensie operasie op die land se grens sowat 550 km suid van Raipur toe die aanval; op hulle uitgevoer is.

Benewens die 22 lede wat gesneuwel het, is 31 lede ernstig gewond waarvan 10 baie ernstige skietwonde opgedoen het.