Ramaphosa wen teen Zuma faksie

Ace Magashule

Die ANC president het klaarblyklik die veldslag teen die Jacob Zuma faksie gewen as die jongste aankondiging van hom in oënskou geneem word, sê politieke ontleders.

Die aankondiging van Ramaphosa dat alle lede van die ANC wat tans van korrupsie beskuldig word, hulle bedanking moet inhandig, of hulle kan skorsing in die gesig staar.

Hy het spesifiek na die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, verwys en gesê die man staan tans in die beskuldigingsbank en moet nou sy besluit maak of hy gaan bedank, en of het geskors wil wees.

Vroeër het Magashule glo gesê hy weier om te bedank as sekretaris-generaal, maar die optrede van Ramaphosa dui daarop dat die Zuma faksie in die ANC nie so groot is as wat aanvanklik voorspel is nie.

 Alhoewel daar meningsvormers is wat glo dat die ANC binnekort kan skeur weens optrede teen Magashule en ander wat ook moet bedank, is daar ook politieke ontleders wat reken die moontlikheid van ʼn splinter party kan tot stand kom.

Diegene wat van enige misdaad beskuldig word, kry egter 30 dae tyd om te besluit of hulle gaan bedank, en of hulle verkies om geskors te word.