Prys van brandstof styg volgende week

Die AA sê die verwagting is dat die brandstof prys in die eerste week van April drasties gaan styg wanneer die Departement van Minerale en Energie sy aankondiging maak.

Benewens die styging in die prys van Brent ru-olie, word ʼn verdere R0-27 bygevoeg per liter as verhoging van die heffing op pad ongelukke.

 Die Padongelukke Fonds het blykbaar ʼn erge tekort aan geld, en is tydens die begrotingsrede van minister Tito Mboweni aangekondig dat die bydraes tot die Fonds verhoog word.

Petrol kan dus na verwagting met 73 sent per liter verhoog, en diesel met 39 sent, terwyl huishoudelike paraffien met 37 sent kan verhoog.

Die AA wys voorts daarop dat die verwagte prysverhoging in petrol van 73 sent per liter, kan styg met R1.00 as die 27 sent heffing bygetel word.

Die verhoging sal die prys van petrol bo die R17.00 per liter laat styg, alhoewel die owerheid eers in April die amptelike aankondiging sal maak.