Provokasie: VSA eis Russiese verduideliking

Verslae wat ontvang is van Russiese troepe wat in groot getalle naby die grens van die Oekraine in die Krim gebied saamdrom, het die VSA bereik en dit word gesê dat Moskou verplig moet word om te verduidelik waarmee hy besig is en waarom hy die provokasie pleeg.

Die optrede van Rusland is besig om groter spanning op te wek onder wêreldleiers en veral in Westerse lande.

Die VSA, die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie en Navo het onderneem om die Oekraine te ondersteun teen Russiese aggressie en uittarting, wat ook moontlike aanvalle insluit.

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het Rusland versoek om sy optrede wat toenemende spanning veroorsaak, onverwyld te staak en die buurland Oekraine met rus te laat.

Intussen het Rusland meer troepe en oorlog tenks na die grensgebied geneem terwyl die skietstilstand ooreenkoms in die ooste van die Oekraine al meer verbreek word.

Meningsvormers sê die toestand tussen die twee lande is die swakste wat dit nog was sedert die konflik beëindig is verlede jaar.

 Kommer bestaan oor die wyse waarop Rusland poog om die Oekraine te intimideer, hetsy op Russiese grondgebied of op die Oekraine se terrein.