Premier Johnson word ondersoek

Downingstraat

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, word nou ondersoek deur die Britse Verkiesingskommissie oor sy opgradering van sy Downingstraat woon eenheid omdat vermoed word dat iets nie pluis is nie.

Opposisie parlementslede beweer glo dat Johnson moontlik die Britse reëls verbreek het deur party lede se donasies wat heimlik ontvang is, en wat tien duisende Britse ponde is, aangewend is om sy wooneenheid in Downingstraat op te gradeer.

In ʼn debat in die Britse parlement het Johnson dit beklemtoon dat hy persoonlik vir die verbeterings betaal het. Die ondersoek sal waarskynlik sy bevindinge oor ʼn paar weke bekend maak.

Indien bevind word dat Johnson nie self vir die werk betaal het nie, kan hy tot met 20,000 pond beboet word, of die saak kan aan die polisie oorhandig word.