Polisiestasies dalk ook bankrot

Die ANC se Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, het in ʼn oorsig gesê meer as 1,000 polisiestasies is geld aan haar departement verskuldig.

Sy sê die polisiestasies is gesamentlik meer as R26 miljoen verskuldig, en dit sluit nie die ander dienste soos vullis verwydering, sanitasie en eiendomsbelasting in nie.

De Lille het in ʼn skrywe gereageer op parlementêre vrae van opposisiepartye wat gevra het wat die totale aantal polisiestasies is wat uitstaande bedrae het by haar departement.

Politieke en finansiële deskundiges sê die kommer bestaan nou dat polisiestasies ook gelde verskuldig kan wees aan ander instansies soos voertuig hersteldienste, duikkloppers en selfs brandstof verskaffers.

Dit het tyd geword dat deeglike ondersoeke gedoen word na die funksionering van polisiestasies wat selfs bankrot kan wees en niemand lig ʼn vinger teen hulle nie, word gesê.