Pick n Pay verloor miljarde Rand

In die jongste verslag wat deur die Pick n Pay groep vrygestel is, word gemeld dat die pandemie verantwoordelik is vir ʼn verlies van R4 miljard se omset in die afgelope jaar.

Volgens die maatskappy was hy ook ingekort vir 209 dae waartydens hy geen alkoholiese drank kon verkoop nie.

Die tydperk van inperkings het glo veroorsaak dat hy 20% minder wins kon realiseer, wat ʼn beduidende invloed gehad het op sy finansiële stand.

Pick n Pay, saam met sy Boxer supermark afdelings is Suid-Afrika se tweede grootste kettingwinkel groep, en alhoewel hy ʼn geringe styging in omset getoon het tot R93 miljard, het die wins na belasting gedaal tot R967 miljoen.