Oud-polisiebeampte onskuldig bevind

Die voormalige polisiebeampte wat tydens ʼn aanval deur geweldenaars op n kerk in Centurion, daarin geslaag het om twee van die aanvallers dood te skiet, is vry van vervolging.

Pieter van der Westhuizen, broer van die oud Springbok rugbyspeler, Joost, het blitsvinnig opgetree toe aanvallers die kerkgangers bedreig het.

Na ʼn verhoor is gevind dat Pieter niks verkeerd gedoen het nie en die dank van kerkgangers verdien het toe hy twee van die aanvallers neergeskiet het.

Die rowers het in die gebou gestorm en die prediker en ander gelowiges in die kerk rond gestamp terwyl hulle met hulle rooftog besig was, terwyl een ʼn pistool teen die prediker se kop gehou het.

 Dit is toe dat Pieter gereageer het en twee rowers op die plek doodgeskiet het.