OPEC gaan olie produksie stadig verhoog

Die lede van die OPEC lande wat olie produseerders is, het ooreen gekom  om die produksie van olie te verhoog in die komende maande, wat beteken dat dit nog duurder gaan word as wat tans die geval is.

Die ooreenkoms is bereik nadat die VSA met Saoedi-Arabië in gesprek getree het oor ʼn “bekostigbare energie prys”.

Die OPEC kartel, onder leiding van Saoedi en sy alliansie vennote het bo verwagting goed daarvan afgekom om ʼn ooreenkoms te bereik om die prys “bekostigbaar” te hou vir olie lande en hulle kliënte.

Die styging van 1,9% in die prys van Brent ru olie het beteken dat meer as $64 per vat daarvoor betaal word.

Die OPEC lande sal dus geleidelik die produksie verhoog na mate die werled se ekonomiese stand verbeter en herstel. Die produksie sal met 350,000 vate per dag verhoog word in Meimaand en ook in Junie, waarna dit met 40,000 vate in Julie sal verhoog.