Oos-Transvaal word oproerige gebied

Die onwettige optrede van ʼn groep betogers wat op ʼn plaas in Oos-Transvaal die grond wou beset, het veroorsaak dat twee mense die lewe gelaat het in die skietery wat gevolg het.

Die boer het waargeneem dat die onwettige optrede van ʼn aantal swartmense wat sy grondgebied wou beset, ook ʼn bedreiging inhou vir sy eie werkers op die plaas en het gevolglik ʼn noodsein uitgestuur waarop bure vinnig gereageer het.

Die voorval het gelei tot konflik en in die skietery wat gevolg het, is minstens twee mense gedood, en een van die boere het harsingskudding opgedoen.

Van die boere is deur die polisie gearresteer, maar geeneen van die onwettige besetters is in hegtenis geneem nie, wat verskeie boere se ontsteltenis verhoog het.

Die lede van georganiseerde landbou het intussen ʼn dringende vergadering met die nuwe LUR in die gebied aangevra om die aangeleentheid op hoë vlak te bespreek.