Oorlog kom in Oekraine, sê Russe

Die Kremlin het in geen onduidelike taal gesê die huidige opbou en weermag voertuie en troepe langs die grens met die Oekraine is in reaksie op die buurland se provokasie.

Die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (NAVO) het ʼn ernstige beroep gedoen op Rusland om sy groot militêre verteenwoordiging langs die grens te onttrek  om die gevaarlike toestand te ontlont.

In reaksie daarop sê Rusland hy is bevrees dat ʼn burgeroorlog in die Oekraine kan oor spoel na Russiese grondgebied, en daarvoor word vroegtydig voorsiening gemaak.

 Die afgelope naweek het Moskou woordvoerders gesê die huidige opbou van sy weermag en troepe naby die grens met Oekraine word toegeskryf aan die land se provokasie in die Krim skiereiland.

Die Russiese Minister van Buitelandse Sake sê die vrese bestaan dat burgeroorlog kan losbars in die Oekraine, of moontlik ʼn volksmoord aanval op die pro-Russiese deel van die bevolking in die Oekraine, wat ʼn minderheidsgroep is.