Ontvanger van Inkomste vorder meer in

Die Ontvanger van Inkomste het die afgelope tyd aansienlik meer ingevorder as waarvoor hulle begroot het, en dui daarop dat die belastingbetalers goed dopgehou word.

Die Inkomstediens het nie net meer gesofistikeerde toerusting om belastingpligtiges se verpligtinge in te vorder nie, maar is blykbaar ingestel daarop om moontlike belasting ontduiking hok te slaan.

Te midde van die swakker ekonomiese toestand in die land, het die Ontvanger reeds R38 miljard meer ingevorder as waarvoor hulle gemik het, en dit word toegeskryf aan die nuwe stelsels wat in werking gekom het.