“Onskadelike” vuurpyle op VSA basis afgevuur

Minstens drie vuurpyle het naby die VSA se basis in Irak beland waar sy troepe gehuisves word, en later is meer vuurpyle afgevuur vanaf ʼn ou en onbewoonde woonhuis.

Geen instansie het verantwoordelikheid vir die “aanval” aanvaar nie, en geen skade is veroorsaak nie, maar kommer bestaan dat meer pogings verwag kan word met die moontlikheid dat lewens in gevaar kan wees.

Die vuurpyle is naby die Bagdad Internasionale Lughawe afgevuur waar die Amerikaanse basis geleë is, en alhoewel een soldaat van die Irak Weermag beserings opgedoen het, is geen ongevalle aangemeld nie.

Die veiligheidsmagte van Irak sê hulle het later nog vuurpyle op die ou woonhuis se dak gevind wat klaarblyklik ook later afgevuur sou word.

Die vermoede bestaan dat onbekende organisasies deur Iran van wapentuig voorsien word om ontwrigting te veroorsaak in die Amerikaanse basis terwyl onderhandelings plaasvind met Iran oor ʼn nuwe kernkrag ooreenkoms.