Oekraine president nooi Poetin tot gesprek

President Zelenskiy van die Oekraine het die Russiese president, Vladimir Poetin, uitgenooi tot ʼn ontmoeting in Oos-Oekraine om gesprek te voer oor beëindiging van die langdurige konflik op die grens tussen die twee state.

Kiv het Moskou daarvan beskuldig dat hy duisende troepe ontplooi het naby die grens tussen die twee lande, en dit veroorsaak erge spanning wat kan lei tot ʼn uiters gevaarlike situasie.

President Volodymyr Zelenskiy het ook gesê hy is gewillig om saam met president Poetin na die oosgrens te gaan om eerstehandse waarnemings te doen oor die situasie wat tans uiters plofbaar geraak het.

Intussen het Duitsland en Frankryk hulle vorige versoek aan Rusland herhaal om sy troepe te onttrek van die grensgebied ten einde die spanning te verlig.

Vroeër het Moskou in reksie gesê die troepemag in die gebied is besig met ʼn opleidings program, en hou geen bedreiging in vir die Oekraine nie.