Nuwe gloeilampe en muurproppe

Die Verenigde Nasies se voorskrifte vir omgewing vriendelike toerusting, het ondermeer nuwe spesifikasies neergelê waaraan huishoudelike gloeilampies moet voldoen.

Die spesifikasies is opgestel met die doel om ook omgewing vriendelik en bevorderlik te wees vir bestryding van klimaatverandering.

Die nuwe gloeilampies sal glo ook veel elektrisiteit besparend wees, en moet aan sekere verwagtinge van lewensduur voldoen, en dit kan tot bykans R12 miljard oor ʼn tyd van 15 jaar bespaar aan elektrisiteit.

Die oorgang na sulke nuwighede, waarby elektriese muurproppe ook aandag kry en deur die SABS ondersoek word, sal oor ʼn lang tydperk infaseer word, en kan miljarde Rand beloop om uiteindelik te finaliseer.

Die bestaande drie-punt muurprop sal glo vervang word met ʼn twee-punt prop, en daarvoor moet die eenheid in die muur ook aangepas word, alhoewel meningsvormers reken dit kan met die bestaande plastiese koppelstukke reggestel word.

 Intussen is waargeneem dat die ou konvensionele gloeilampies wat gewoonlik in 40, 75 en 100 Watt beskikbaar was, al hoe minder op die winkelrakke te sien is.