Nog ‘n ANC “sukses”

Die hostel projekte het die staat (sien belastingbetaler) R230 miljoen gekos. Na groot aanknopings dat  nuwe hostelle gebou gaan word sodat die inwoners in  beter eenhede gaan bly  as in die apartheid jare.

Intussen het 10 jaar verloop en staan die geboue  leeg en het vandale alles wat waarde gehad het “weggedra”.  Die strukture is sodanig beskadig dat dit totaal gestroop moet word.  Die staat gee onwettige inwoners die skuld vir die besetting en plundering van die geboue. in Dube, Meadowlands, Mzimhlope en Diepkloof.

Hostelle in Ratanda, Sedibeng en in die Oos Rand het dieselfde paadjie gevolg.