Nederlandse premier maak geskiedenis

Opposisiepartye in Nederland beskuldig die land se Eerste Minister daarvan da thy leuens vertel het met die gevolg dat ʼn mosie van wantroue in hom gestel is, maar wat afgeweer is.

Aanvanklik het die opposisiepartye druk geplaas op Premier Rutte om te bedank, en toe dit nie sukses lewer nie, is ʼn mosie van wantroue in hom gestel wat ook nie geslaag het nie.

Die sukses van die Eerste Minister het hom in die posisie gebring dat hy nou die land se premier is wat die langste van alle voorgangers is om Nederland te regeer.

Mark Rutte was egter in Januarie in die spervuur oor ʼn beweerde skandaal met kinders-voordele fonds, maar het die aanklagte oorleef as premier.

Die huidige mosie van wantroue is ingestel, maar Rutte het met ʼn naalskraap meerderheid die pyp gerook, en in Maart het sy gematigde Volksparty vir Vryheid die verkiesing gewen met meer setels in die parlement as wat hy gehad het.