Navalny: Stop hongerstaking, sê dokters

Indien Alexei Navalny sou voortgaan met sy hongerstaking, sal hy nie meer veel langer leef nie, en kan hy enige oomblik ernstige breinskade opdoen.

Dit is die mening van Russiese dokters wat in die gevangenis hospitaal verantwoordelik is om na Navalny se welstand om te sien te midde van sy vasbeslotenheid om voort te gaan met die eetstaking.

Intussen het Navalny se privaat dokters ook aanbeveel en hom versoek om die eetstaking te stop om ernstige nagevolge te vermy.

Die toestand van die Kremlin se grootste kritikus het veroorsaak dat hernude verset optogte in die groot stede van Rusland gehou is, en eise dat hy vrygelaat word is met baniere en plakkate vertoon terwyl die polisie nie huiwer om mense te arresteer nie.

Navalny se persoonlike dokters word steeds nie toegelaat om hom te besoek nie, en alhoewel hulle hom wou besoek om te oortuig dat hy sy eetstaking moet stop, is hulle toegang geweier.

Enkele ure nadat hy die boodskap van sy eie dokter ontvang het, is aangekondig dat hy besluit het om die eetstaking te stop, maar sy toestand is sodanig dat hy met groot versigtigheid weer mag begin eet.