Navalny: Russiese dokter weier besoekers

Die gesondheid toestand van die Russiese opposisieleier, Alexei Navanly, het sodanig verswak dat besoekers nie by hom toegelaat word nie.

Navalny se regsverteenwoordiger het aan die media gesê sy toestand het sodanig verswak dat hy byna nie meer kan praat nie, en kan ook nie meer regop sit nie, wat meebring dat sy ondersteuners nie meer besoeke toegelaat word nie.

Die toestand van Navalny het groot ontevredenheid onder prominente ondersteuners veroorsaak oor die wyse waarop met hulle leier gewerk word, en die verwagting is dat verdere protes aksies in Moskou gehou sal word.

Die regsverteenwoordiger het ook daarop gewys dat doktors geweier is om Navalny te sien terwyl Russiese polisiebeamptes sy ondersteuners uitmekaar dryf om te probeer voorkom dat ʼn grootskaalse protes optog gehou word.

Sy regsverteenwoordiger, Olga Mikhailova, het bevestig dat hulle erg bekommerd is oor sy toestand en alhoewel hy in die gevangenis hospitaal is, word sy toestand as kritiek bestempel.

ʼn Span wetenskaplikes en sy persoonlike dokter het besoek gebring aan die hospitaal, maar is geweier om hom te sien.