Navalny hou vol met eetstaking

Die Kremlin en Russiese president se grootste kritikus, Alex Navalny, hou vol met sy eetstaking te midde van ernstige gesondheidsprobleme wat ondervind word.

Sy gesondheid is aan die agteruitgaan en sy gevangenisskap in die strafkamp dra by tot die versnelde tempo waarteen sy gesondheid verswak.

Sy regsverteenwoordiger het intussen bevestig dat Navalny se gevoel in sy bene en arms besig is om te verswak en gevoelloosheid is besig om in te tree, wat geen goeie gevolge inhou nie.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy administrasie sê dit is ontstellend wat in die verslag gesien is, maar ingeligte bronne sê daar is geen aanduiding dat Rusland sal gehoor gee aan oproepe van Westerse leiers om N avalny vry te laat nie.

Die indruk word eerder gelaat dat hy in die strafkamp gaan bly tot hy sy volle twee jaar en ses maande vonnis uitgedien het.

Ondersteuners wat hom besoek het by die strafkamp in die dorp Pokrov, 100 km weg van Moskou, sê hy lyk nie goed nie, het n hoes ontwikkel, en verloor vinnig gewig.

Intussen het Amnestie Internasionaal ook gesê dit is noodsaaklik dat Alexei Navalny vrygelaat word uit die strafkamp.