Navalny: Honderde ondersteuners gearresteer

Meer as 600 ondersteuners van Alexei Navalny is gearresteer in St. Petersburg wat in ʼn protes optog deelgeneem het om sy vrylating te eis.

Die polisie het nagenoeg 1,500 protesteerders regoor Rusland gevange geneem, te midde van die vreedsaamheid waarmee die Navalny ondersteuners hulle optog gehou het.

Die optogte regoor Rusland het begin nadat vrees ontstaan het oor hulle leier se welstand wat tans uiters swak is, maar die polisie se ongevoelige optrede wat wêreldwyd veroordeel word, maak klaarblyklik geen indruk op die Kremlin nie.

Sommige p=ondersteuners van Navalny is selfs voor enige protes optog begin het, gearresteer, en daarvan is twee van sy mees prominente ondersteuners in Moskou.

 Die optrede van die polisie het in die afgelope maande veroorsaak dat baie ondersteuners bang is om aan optogte deel te neem, maar duisende het egter na vore gekom op dieselfde dag as wat president Vladimir Poetin sy jaarlikse toespraak voor die Russiese parlement gelewer het.