Nasa se Mars helikopter doen eerste vlug

Nasa se klein helikopter wat 1,8 kg weeg, het sy eerste vlug op Mars suksesvol uitgevoer waarvan die beheer vanaf ʼn ander planeet uitgevoer is.

Die helikopter, Ingenuity, was glo in staat om van die Mars oppervlakte op te styg, het toe in die rondte gedraai, en weer geland.

ʼn Nasa woordvoerder het gesê dit was die eerste toets en meer ingewikkelde toetse word nou beplan vir die volgende weke.

Die toetse word geleidelik uitgevoer met die bedoeling om die helikopter ontdekkings vlugte sal uitvoer om die oppervlakte te ontdek omdat dit vinniger gedoen kan word as wat ʼn toestel met wiele sal kan doen.

Die gesofistikeerde helikopter beskik oor super klein toerusting wat oor uitmuntende foto’s kan neem benewens ander eienskappe wat dit ʼn unieke tuig maak en vanaf die aarde beheer kan word.