NASA kan suurstof op Mars produseer

NASA het die vermoë om suurstof te produseer uit die koolstofdioksied op Mars, wat die moontlikheid verder verhoog dat mense op die planeet sal kan bestaan.

Die omskakeling na suurstof wat deur die mens ingeasem kan word, bring ʼn nuwe moontlikheid na vore, wat tot nog toe problematies was weens die tekort aan suurstof op die Rooi Planeet.

Mars se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit koolstofdioksied, wat redelik maklik omgesit kan word in bruikbare suurstof vir die mens se behoeftes.

Die ses-wiel Perseverance wat vroeër op Mars neergelaat is, onttrek die suurstof uit die atmosfeer deur gebruik te maak van ʼn apparaat so groot soos ʼn brood rooster (toaster) en maak daarmee vir die eerste keer suurstof op ʼn ander planeet in die ruimte.

Nasa beskou die deurbraak met Perseverance se vermoe as van deurslaggewende belang vir verdere ontwikkeling om “uiteindelik die punt te bereik dat mense op die planeet kan leef.