Moslem Broederskap hoof kry lewenslank

Die een senior lid van die Moslem Broederskap, Mahmoud Ezzat, is lewenslange tronkstraf opgelê vir sy aandeel om geweld aan te wakker en die Egiptiese President, Mohamed Morsi, te benadeel.

Die Egiptiese kof het die afgelope naweek die 76-jarige Moslem Broederskap leier  lewenslange tronkstraf opgelê weens sy terroristiese bedrywighede.

Dit is klaarblyklik onseker of die veroordeelde lid van die Moslem Broederskap verbintenis het met die Islamitiese Staat, of moontlik van Al Kaïda.

Die terroriste leier het gepoog om die voormalige Islamitiese Egiptenaar en President van die land, Mohamed Morsi met militêre mag omver te gooi.

Alhoewel hy eers ses jaar na sy poging in Kaïro gearresteer is, word die Moslem Broederskap as terroriste organisasie verbied in Egipte, en was ʼn spesiale taakmag aangewys om hom op te spoor en te arresteer.