Moskou verwerp VSA eise oor Oekraine

Die spanning verhoog steeds in die ooste van die Oekraine waar duisende Russiese troepe in ʼn magsvertoon met militêre toerusting soos tenks en missiel afweerstelsles die wêreld in onrustigheid laat toekyk oor wat kan gebeur.

Die VSA se oproep dat Rusland die spanning moet verlig deur sy militere opmars te staak, is egter deur Rusland vir ʼn tweede keer verwerp.

Die VSA het intussen twee van sy moderne oorlogskepe na die Kief omgewing in die Swartsee gestuur terwyl NAVO leiers met die Minister van Buitelandse Sake in die Oekraine samesprekings voer waar die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken ook teenwoordig is.

Blinken sê die VSA staan bankvas by die Oekraine en NAVO lande soos Frankryk, Duitsland en Brittanje het hulle ook by die Oekraine geskaar.

Militêre en politieke kenners sê die optrede van beide kante, Rusland en NAVO, is ʼn diplomatieke magspel wat nie tot oorlog sal kom nie, maar dit kan wel beteken dat Rusland sekere gebiede van die Krim kan beset sonder ernstige gevolge.