Mosambiek weermag slaan toe

Die Mosambiekse weermag beweer dat hy ʼn “aansienlike getal” van die militante Islamitiese Staat terroriste gedood het in die afgelope naweek se gevegte met die groep.

Die terroriste se aanslag op die dorp Palma was sodanig dat hy beheer daarvan verkry het, en gevolglik ook beheer bekom het oor ʼn deel van die gas ontginnings aanlegte in die noorde van die land.

Op 24 Maart het die terroriste die dorp Palma ingeneem tydens ʼn aanval wat ook die lewe van een Suid-Afrikaner meegebring het.

Dit is onbekend hoeveel IS vegters deur die Mosmabiek weermag gedood is, maar kenners bevraagteken die bewerings en sê die weermag is nie opgewasse teen die goed opgeleide terroriste nie.

Die Franse oliemaatskappy Total het se werksaamhede tydelik opgeskort in die gebied wat ʼn aanduiding is dat die terroriste steeds in beheer is van die gas aanleg.

Die oproep om die Afrika lande se weermagte te mobiliseer en die terroriste te verdryf, het nog geen positiewe reaksie ontlok nie.

Later is berig dat die Mosambiekse Weermag die dorp Palma herwin het, en al die Islamitiese Staat terroriste verdryf het, en inwoners wat die dorp vlugtende moes verlaat, is verseker dat hulle mag terugkeer na hulle woonplekke.