Mosambiek verloor veld teen terroriste

Die Verenigde Nasies se afdeling vir Voedsel sê daar het ʼn verdieping van die humanitêre krisis in Mosambiek ontstaan, en sowat een miljoen mense word bedreig daardeur.

Die krisis het ontstaan toe die Islamitiese Staat sukses behaal het met hulle aanval in die noordelike deel van die land, en talle burgerlikes is gedood terwyl die teerosie ook ʼn groot deel van die gasaanleg gekaap het.

Die veiligheidsmagte is steeds besig in hulle stryd teen die Islamitiese Staat (IS) terreur groep, maar dit is duidelik dat die terroriste meer ervaring het en stewig ingegrawe is in die noordelike deel.

 Volgens die VN Wêreld Voedsel Program is 900,000 mense van Mosambiek in ʼn noodtoestand vasgevang wat mense insluit in die strategies geleë dorp Palma wat nou gedeeltelik deur die IS terroriste beheer word.

Tydens die terroriste aanval is een Suid-Afrikaner doodgeskiet terwyl hy saam met ander probeer het om te vlug uit die gebied, en winkels, banke, en ʼn militêre basis is aangeval in die Palma dorp.

Intussen is verneem dat mense steeds probeer om die gebied te verlaat, maar dat die terroriste dieselfde tegniek gebruik as wat in die Midde-Ooste toegepas is waar burgerlikes as slawe aangehou word en dien ook as skerm tydens aanvalle wat mag kom van die weermag.