Mianmar staar hongersnood in die gesig

Die staat Mianmar wat deur weermag offisiere in ʼn staatsgreep oorgeneem is, staar erge gevare in die gesig, en te midde van gedurige protes teen die generale, word voedsel en mediese tekorte ʼn nog groter probleem.

Die Verenigde Nasies se Wêreld Voedsel Program het gewaarsku dat sowat 3,5 miljoen mense binne ʼn maand of ses sonder voedsel gaan wees.

Die land gaan ook gebuk onder die koronavirus pandemie, en entstof is nog nie sodanig beskikbaar dat dit die verspreiding van infeksie kan bekamp nie.

Die voedsel hulpprogram van die VN het reeds aan 1,3 miljoen mense voorraad voorsien, maar ingeligte bronne beweer dat daar selfs soveel as 5 miljoen mense geraak sal word deur die tekorte, en die onwettige regeerders is nie in staat om die krisisse te bestuur in belang van die inwoners nie.

Die VN verslag wys daarop dat meer as 250,000 mense alreeds onder druk verkeer weens voedsel voorraad tekorte en gebrekkige mediese versorging.

Die VN se Voedsel afdeling pleit dat die wêreld sowat $106 miljoen bykomende hulp moet bied om die ergste krisis af te weer.