Mianmar onluste sterftes skrikwekkend

Aktiviste het in Jangon, Mianmar, daarin geslaag om ʼn reuse staking te begin terwyl die land se gewapende rebelle groep eis dat die militariste die bloedbad moet stop of die gevolge sal moet dra.

 Dit volg te midde van die pro-demokrate se volgehoue optogte in die strate terwyl die militêre mag  probeer om met gewelddadige optrede die aktiviste te keer om verdere verset te toon.

Die dodetal wat veroorsaak is deur die militêre magte het nou gestyg tot 510 onskuldige burgerlikes wat aan vreedsame optogte deelgeneem het.

Die gegewens oor sterftes is deur die onwettige owerheid se departement bevestig, maar die eise van die pro-demokrate word steeds met verdere optogte gehandhaaf waarin geëis word dat die wettig verkose premier en ander politieke leiers vrygelaat word end at die generaals hulle moet onttrek uit die onwettige regering.

Intussen het die VSA ʼn handelsooreenkoms met Mianmar beëindig tot die militariste wat die staatsgreep uitgevoer het, die wettige regering herstel en hulleself onttrek uit die politieke arena.

Kanada, Brittanje en die Europese Unie het intussen sanksies begin toepas en geëis dat die verkose regering herstel word in hulle ampte.