Merkel maak nuwe planne teen virus

Die Federale regering van Bondskanselier Angela Merkel is besig met beplanning om die weg te baan vir ʼn landswye stel maatreëls om die stryd teen die derde pandemie van die koronavirus te bekamp.

Anders as wat verwag is, het Duitsland nou ook ʼn baie ernstige situasie bereik met die pandemie wat al meer mense daagliks betrek en wat hospitale byna oorlaai met pasiënte.

Die tekort aan entstof het ook die land getref en word die inenting veldtog vertraag daardeur, wat ook lei tot lang toue mense wat wag om ingeënt te word.

Ingrypende maatreëls word beoog, wat selfs meebring dat die Federale regering kan ingryp en beheer neem in deelstate waar alles nie toegepas word soos regulasies vereis nie.

ʼn Woordvoerder van die Federale regering sê die 16 deelstate se premiers is betrek in ʼn vergadering waarby die krisis bespreek is, en het eenparig ingestem dat die Federale regering kan ingryp waar dit nodig mag wees.