Mars: Sommige mense gaan sterf

Sommige mense gaan sterf in die wedloop om op Mars te kom, sê die ruimtevaart tegnoloog, Elon Musk, maar sommige wetenskaplikes verskil daarmee.

Musk het erken dat alles die “maanskyn en rose” sal wees nie, maar wetenskaplikes sê die eerste mense sal nie voor 2050 op Mars geplaas word nie.

Die ruimtevaart pionier het egter met ʼn glimlag die stelling gemaak, wat vertolk word as humor en nie as ernstige ruimtevaart feite nie.

Hy waarsku egter dat diegene wat gretig is om na Mars te gaan, nou reeds moet weet dit gaan ongerieflik wees, en goeie voedsel gaan nie beskikbaar wees nie.

Musk reken die eerste mense sal lank voor 2050 op Mars aankom, en of hulle daar sal moet bly en self voedsel moet plant, oes en in “vrieskas” stoor, wou hy hom nie uitlaat nie.

Later was die miljardêr meer ernstig toe hy gesê het hy is eerlik daaromtrent dat daar dalk aan die begin van die projek mense gaan sterf in die drang om Mars te besoek.