Lewensmiddele word duurder

Ekonome waarsku dat die prys van algemene lewensmiddele in die komende maande gaan styg, en alhoewel die Rand redelik sterk vertoon, is daar verskeie faktore wat stygings teweegbring.

Heel bo aan die lys is die styging in die olieprys wat brandstof duurder maak en gevolglik bydrae tot die styging van die inflasiekoers. Die inflasie het reeds tot 3.2% gestyg, en die verwagting is dat dit geleidelik gaan verhoog tot minstens in Augustus.

Die onrealistiese verhoging in elektrisiteit en water tariewe sal nie net verbruikers se beursies tap nie, maar gaan ook ʼn negatiewe uitwerking hê op die inflasiekoers, sê ekonome.

Voedsel pryse sal gevolglik styg weens al die ander stygings, en sal veral in die maande Julie en Augustus gebeur wanneer al die ander stygings reeds in werking is, en die moontlikheid van vakbond eise en stakings kan nie geïgnoreer word nie, want dit gaan ook ʼn direkte invloed uitoefen op kommoditeite se prysstruktuur.