Lewensbrood

Exodus 21

22  En as manne met mekaar veg en ‘n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.

23  Maar is daar ‘n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,

24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,

25  brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.