Leer uit die geskiedenis of herhaal die foute

Die wêreld beweeg met rasse skrede na ʼn de facto een-wêreld regering, binne die raamwerk van die liberale humanisme.

Cov-19 inperkings het getoon hoe blatant sogenaamde “leiers” lieg – erger, hoe gedweë die massa’s inperking van basiese vryhede aanvaar.

Wêreldwyd word ʼn hele generasie wysgemaak dat sosialisme en sentrale beheer is “goed”, “suksesvol” om mense “te beskerm”.

Dit is ʼn kern-leuen van elke politieke party: leuens en magsmisbruik is die norm.

Die ideologiese inslag bepaal bloot die vorm van misbruik, en of onderdrukking openlik (Sjina, Myanmar, Noord Korea, Moslem lande) of onderduims (die Westerse nasies) geskied.

Maar dit is niks nuut nie.

Die eerste week en meer van April herdenk baie van ons geslag die gebeure in die toenmalige Suid-Wes Afrika – SWAPO invalle op 1 April 1989.

Nieteenstaande die blatante (en herhaalde) vergrype en geweld het politici voortgedring en die mense van SWA uitgelewer aan SWAPO en die kommunisme.

Siende-blind-horende-doof het twee derdes van die RSA se kiesers skaars drie jaar later dieselfde politici se boedel-oorgee aan die ANC goedgekeur.

Ja, die koei hoort in die sloot – maar ons moet áltyd onthou dat FW & kie het gedoen wat kiesers in meerderheid GOEDGEKEUR het.

            Ja – hy het gelieg, soos politici áltyd lieg: kiesers het dit lukraak geglo.

Die prys van verraad behoort te wees dat jy aanspreeklik gehou word!

En sedertdien?

Die beginsellose lede van enige volk word rondgeslinger deur dieselfde gebrek aan ruggraat waaraan politici geken word.

Elke verkiesing belowe politici iets beter.

Na elke verkiesing verbeter politici se vergoeding en voordele …

Na die verwoesting van ʼn VF-koalisie met Zuma, volg die DA-EFF-VF koalisie op plaaslike  vlak in 2016 – en stede reeds verwoes deur ANC-kaders gaan bloot verder agteruit!

Gegewe die wedervaringe van SA se minderhede sou mens dink die lesse van die resente geskiedenis sou geleer word:

            ANC-wanbestuur het SA oor die rand van bankrotskap gestort.

            Ons vroue en kinders is teikens waar hulle gaan.

Rasse-reservering in die ekonomie het openbare dienste verwoes, belaai met skuld weens dekades lange plundering – en steeds betaal slegs minderhede belasting of vir dienste!

            Die sluimerende volksmoord woed onverpoosd voort …

En “burgerregte” groepe hou aan om almal wys te maak “SA kan werk” want “ons sal self”.  Op dieselfde kommunistiese voetspoor van dieselfde vakbondwese wat basiese dienslewering lamlê en kulturele aktief toe-eiening ondersteun …

Voordat mense dankbaar word vir die besef dat nóg die DA, nóg die VF enigsins ʼn oplossing bied vir die Afrikaner, sal dit hulle loon om te let dat die 2021-oplossing is klaarblyklik steeds in die politieke sfeer –

            Die ANC beloof om “terug te keer” na die droom van Mandela – en mense juig?

            ʼn ANC-splinter groep “sien die lig” en almal juig oor die UIM se “nuwe” insigte?

Party politiek is ʼn self-geldende oligargie.

Federale Rade besluit en dwing sentrale beleid af, losstaande van openbare “beloftes”.

Selfs na konserwatiewe kant hou politici vas aan die uitgediende model …

Sedert 1902 het party politiek ons land verwoes, MAAR OOK ONS VOLK VERSLAAF.

Gaan ons die lesse van die geskiedenis nou vir eens leer?

Gaan ons mense terugkeer na die waardes van weleer, en weer werk vir vry

Of sien die meeste steeds uit na ʼn langnaweek eerskomende 27 April?