Laschet dalk Duitse kanselier

Die Duitse leiersfiguur Armin Laschet het die ondersteuning van die Christen Demokrate Unie (CDU) gekry tydens n laat-nag stemming en daarmee is hy nou ʼn paar tree voor enige ander moontlike kandidaat vir die kandidatuur van Bondskanselier om Angela Merkel op te volg.

Met ʼn meerderheid stemme van 77,5% van die party se raad wat uit 31 lede bestaan, het hy sy opponent, Markus Söder wat slegs 9 stemme gekry het,  ʼn uitklophou gegee

Alhoewel dit slegs die steun in die partyraad is, en hoegenaamd nie die finale stemme is nie, is dit ʼn redelike aanduiding wie kanselier Merkel gaan opvolg.

Söder is leier in Bavaria waar die sustersparty, die Christen Sosiale Unie, se erg konserwatiewe man waarskynlik sy grootste steun sal kry, maar hy het reeds aangedui da thy die beslissing van die CDU raadslede respekteer.

Beide leiers sê die aanwys van ʼn kandidaat vir die bondkanselierskap is in belang van Duitsland, en die finale keuse sal gerespekteer word.