Laaste skepe vaar deur Suezkanaal

Die Suezkanaal was waarskynlik nog nooit so besig soos die afgelope week nie, want die 370 skepe wat gewag het dat die groot vragskip wat die kanaal blokkeer het, weer kon vertrek, moes toe een na die ander begin beweeg.

Saterdag is sowat 85 skepe van weerskante af deur die Suezkanaal, en het die laaste skepe Maandag deur die kanaal gevaar.

Die owerheid van die Suezkanaal het gesê die laaste 61 skepe het uiteindelik deurgegaan, en is ʼn totaal van 422 skepe veilig deur. Die 370 wat hoofsaaklik aan die een kant van die kanaal moes wag, kon gelukkig gelyktydig met kleiner skepe wat van die ander kant was, deurgevaar het.

Die kanaal, wat weens menslike foute wat gemaak is, toe die reuse vragskip die Ever Given dwars gedraai was, het vir bykans ʼn week gestrand gelê tot kragtiger sleepbote van Brittanje nader gebring is en derduisende tonne sand uitgepomp moes word voor die skip weer koers kon kry na sy bestemming.