La Lina verswak – Wes-Kaap juig

Die Wes-Kaap is dankbaar dat die La Nina verskynsel besig is om te verswak, aangesien dit voordelig is dat die provinsie se winterreën gaan begin.

Die Wes-Kaap se owerheid beweer dat sowat 17,000 nuwe werkgeleenthede in die landbou geskep is wat veral toegeskryf word aan groei in die voedsel, tabak en drankbedryf.

Met die waarnemings dat die La Nina verskynsel verswak, word die moontlikheid dat die provinsie se winterreën eersdaags kan begin, en dit sal ook van waarde wees vir saaiboere en vir opgaardamme.

Die La Nina stelsel het die afgelope somer seisoen die goeie reënval oor groot dele van die binneland veroorsaak, en in sommige dele selfs erge vloedskade veroorsaak, maar die stelsel is volgens die weerkundiges, besig om redelik vinnig te verswak.